Junior Werwingsbeampte

Pretoria, GP, ZA, South Africa

Job Description

LIGPOS WERWINGSBEAMPTE POSBESKRYWING


========================================


Hier volg die posbeskrywing sowel as die vereiste kennis en vermoens van 'n persoon wat belangstel om 'n Werwingsbeampte van Ligpos te word.



LIGPOS WERWINGSBEAMPTE POSBESKRYWING
Hier volg die posbeskrywing sowel as die vereiste kennis en vermoens van 'n persoon wat belangstel om 'n Werwingsbeampte van Ligpos te word.

1. LIGPOS WERKVERSKAFFINGSDIENS



Ligpos is 'n geregistreerde werkverskaffingsdiens. Ons doelwit is om die beste moontlike arbeiders aan ons kliente te verskaf, ten einde 'n een-stop arbeidsoplossing vir ons kliente te bied. Ons neem dus werknemers in diens, ontleed hulle vermoens en plaas die mees geskikste werkers uit in die mees geskikste poste wat by hulle pas.



2. WERWINGSBEAMPTE POSBESKRYWING



Die volledige opleiding van die werwingsbeampte sal stuksgewys hanteer word. Alle dokumentasie, programmatuur en operasionele prosedures sal aan die Werwingsbeampte bekend gemaak word.


Al wat Ligpos van 'n werwingsbeampte verwag is:

Bereiking van teiken doelwitte met uitplasings Toegewydheid aan en prioritisering van Ligpos se werwing Daaglikse verslag van werksaamhede in weeksdae Aanvanklik eie rekenaar, WhatsApp en wi-fi 'n Vasvatter mentaliteit en selfdissipline




Die volgende is wat u in stappe geleer sal word:


Die werwingsbeampte het ten doel om eerstens kliente te werf. Dit behels om kliente te soek wat poste aanbied om gevul te word, of kliente wat wil he dat Ligpos hulle arbeid administrasie moet oorneem. Ons het reeds volledige werwingspakkette wat die Werwingsbeampte slegs vertroud mee sal moet raak. Sodra die klient gewerf is, tree die werwer daarna as die klient se skakelbeampte op. Die Werwingsbeampte bepaal wat die klient se besigheid is asook behoeftes aan arbeid of personeel in terme van hoeveelheid, vereistes, kwalifikasies, administratiewe behoeftes en tipe arbeid.


Met hierdie inligting wat die Werwingsbeampte by die klient gekry het, word advertensies gemaak, opgestel en die poste wat beskikbaar is, bemark ten einde kandidate vir die poste te werf. Die Werwingsbeampte het dan die plig om die aansoekers te sif en op ons sisteem verdere kandidate te werf. Die werwingsbeampte soek die beste aansoekers vir die pos uit, voer onderhoude met die bestes deur middel van Zoom of Google Meet of alternatiewe sisteem wat dit kan opneem. Daarna stuur die Werwingsbeampte die Kandidaat se onderhoud opname saam met die CV na die klient vir oorweging. Indien die klient 'n kandidaat gekies het om aan te stel of dat ons die kandidaat aanstel en aan die klient uitkontrakteer, het 'n suksesvolle uitplasing plaasgevind.


Suksesvolle uitplasing is die Werksprestasie waarteen 'n werwingsbeampte gemeet word.

3. BESOLDIGING EN WERKSPRESTASIE




3.1. Besoldiging vind maandeliks teen die einde van die maand plaas ooreenkomstig 'n kommissie wat gekoppel word aan die suksesvolle uitplasings wat die Werwingsbeampte in die maand gemaak het.
3.1.1. Daar bestaan twee tipes kommissiebasisse waarop uitplasing gedoen word: Dit is die eenmalige uitplasings of langtermyn uitplasings. Betaling deur die klient en derhalwe uitbetaling van komissie aan die werwingsbeampte geskied ook op hierdie twee grondslae.
3.1.1.1. Sodra die Werwingsbeampte 'n eenmalige pos uitplasing bewerkstellig het, waar die klient dadelik werker op sy eie boeke oorneem en 'n eenmalige kommissie betaal aan Ligpos, is die Werwingsbeampte geregtig op 40% van die inbetaalde kommissie van die Klient.
3.1.1.2. Wanneer daar 'n langtermyn uitplasing geskied waar die Werkgewer ook die Werkgewer van die Werknemer bly, ontvang die Werwingsbeampte 20% van die kommissie waarop die Werkgewer geregtig is.
3.1.1.2.1. Laasgenoemde uitbetaling van kommissie is afhanklik daarvan dat die Werwingsbeampte steeds 'n effektiewe en aktiewe Werwingsbeampte is en dat die Werknemer steeds by die klient werksaam is en daar die Werkgewer kommissie op die uitplasing verdien.
3.2. Werksprestasie word gemeet aan die aantal uitplasings wat die Werwingsbeampte op 'n maandelikse basis bewerk.


3.2.1. Alhoewel daar nie verlof, oortyd en werksure is nie, word daar van die Werwingsbeampte verwag om die werk as prioriteit te beskou, geredelik beskikbaar te wees in werksure vir kommunikasie en administrasie, asook om reelings te tref indien hy nie beskikbaar gaan wees vir langer periodes nie.

4. VEREISTES EN NOODSAAKLIKE KENNIS VAN 'N WERWINGSBEAMPTE




Die persoon moet dit voltyds doen.



Enige persoon wat as Werwingsbeampte dien, word deurlopend getoets rakende kennis, vaardigheid en begrip van Ligpos produk. Die kennis wat Ligpos van 'n Werwingsbeampte verwag is onder andere, maar nie hiertoe beperk nie:

Kliente kontrakte. Werknemerskontrakte en betalingskale. Gedrag, Veiligheid en Gesondheidskodes. Hoe die werwings toepassing werk.

Hierdie dokumentasie en metodes sal in stappe aan die Werwingsbeampte verskaf word waarvolgens die Werwingsbeampte ook gereeld gemonitor en getoets sal word.


Al wat Ligpos verder van 'n Werwingsbeampte verwag, is om te wys dat die werwing vir u 'n prioriteit is en dat u alles daarin sit. Die enigste wyse hoe om aangestel te word, is om te bewys dat u die redelike teikens kan behaal en volhoubaar daaraan kan voldoen.


U moet onthou dat dit nie 'n maklike werk is nie, en dat dit nie vir almal uitgeknip is om dit te doen nie. U is baie welkom om te probeer en ons sal u soveel as moontlik help en bystaan - maar u moet van die begin af inklim met positiwiteit en vasberadenheid. As u dit nie 'n prioriteit ag nie en dit maar as 'n sekondere stokperdjie of geldelike aanvulling beskou, gaan u dit nie maak nie.


Laastens - ons is 'n span in die koninkryk van God. Ons is 'n Christelike agentskap. Ons werk tot opbouing van die konikryk van God - elkeen moet daarom sorg dat sy lewe in ooreenstemming is met die Woord van God en die Heilige Gees. Ligpos het nie plek vir 'n Jona nie.


Ons hoor graag van u indien u. Indien u enige navrae het, Whatsapp ons by met 'n boodskap aan: 064 849 1686.

Beware of fraud agents! do not pay money to get a job

MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.


Job Detail

  • Job Id
    JD1386184
  • Industry
    Not mentioned
  • Total Positions
    1
  • Job Type:
    Full Time
  • Salary:
    Not mentioned
  • Employment Status
    Permanent
  • Job Location
    Pretoria, GP, ZA, South Africa
  • Education
    Not mentioned