Projek Assistent: Buitelandse Skakeling

Pretoria, GP, ZA, South Africa

Job Description

Die pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy sowel 'n senior sertifikaat as 'n geldige rybewys. 'n Projekverwante kwalifikasie en vorige ervaring in 'n projekte-omgewing sal 'n aanbeveling wees.


Vaardighede en vorige ervaring wat tot jou voordeel sal strek:


inhoudskepping

uitstekende taal- en kommunikasievaardighede

kennis van sosialemediakanale (veral Facebook, Instagram, TikTok en X) en bemarkingsveldtogte op sosiale media

handelsmerkbestuur

goeie rekenaarvaardighede en kennis van WordPress-inhoudbestuurstelsel

goeie interpersoonlike verhoudings

detailgeorienteerdheid

sterk werksetiek, bewese integriteit

Die suksesvolle kandidaat sal ondersteuning bied vir die skepping en bestuur van inhoud vir AfriForum Wereldwyd se webtuistes, sosiale media en nuusbrief, terwyl hy of sy ook die teks en ontwerpe vir sosialemediaplasings en publikasies doeltreffend koordineer. Daar word verwag dat basiese navorsing gedoen word vir projekverwante publikasies asook die bestuur van diasporadatabasisse. Verder sal die rol ondersteuning bied aan verskeie AfriForum Wereldwyd-projekte, insluitend die werwing van inhoudsbydraers, asook algemene administratiewe take en die hantering van navrae.


Let wel: Hierdie pos is kantoorgebonde en hou nie noodwendig reisgeleenthede in nie.


Indien jy nie binne drie weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy

aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

Beware of fraud agents! do not pay money to get a job

MNCJobs.co.za will not be responsible for any payment made to a third-party. All Terms of Use are applicable.


Job Detail

  • Job Id
    JD1401726
  • Industry
    Not mentioned
  • Total Positions
    1
  • Job Type:
    Contract
  • Salary:
    Not mentioned
  • Employment Status
    Permanent
  • Job Location
    Pretoria, GP, ZA, South Africa
  • Education
    Not mentioned